Vier geraamtes uit die Harappan-era is in Indië gevind
Vier menslike geraamtes van ongeveer 5000 jaar oud is gevind deur argeoloë van die Haryana Departement Argeologie, in samewerking met die Nasionale Universiteit van Seoul. Hulle kom uit die Harappan-beskawing en is gevind in die stad Rakhi Garhi, naby Haryana. Professor Nilesh Yadav, wat die projek saam lei, het gesê dat dit die eerste keer is dat geraamtes gevind word tydens die uitgrawing van die stad, wat in 2012 begin.